Gaan na inhoud

ISO 8601

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Huidige datum en tyd uitgedruk volgens ISO 8601 [verfris]
Datum in UTC2026-05-21
Tyd in UTC02:16:13Z
T021613Z
Datum en tyd in UTC2026-05-21T02:16:13Z
20260521T021613Z
Datum en tyd met die verrekening2026-05-20T14:16:13−12:00 UTC−12:00 [vervris]

2026-05-21T02:16:13+00:00 UTC+00:00 [vervris]

2026-05-21T14:16:13+12:00 UTC+12:00 [vervris]
Week2026-W21
Week met weekdag2026-W21-4
Ordinale datum2026141
Verduideliking van ISO 8601 - al drie die uitbreidings wat getoon word, is geldig.

ISO 8601 is 'n internasionale standaard vir die uitruil van datum- en tydverwante data. Die standaard is getiteld "Data-elemente en uitruilformate - Inligtinguitruiling - Voorstelling van datums en tye" en is deur die Internasionale Standaardeorganisasie (ISO) uitgereik. Dit is gebaseer op die datum volgens die Gregoriaanse kalender en die 24-uur-voorstelling van tyd. Wanneer getalle aan dae van die week toegeken is, is 'n waarde van "1" aan Maandae en "7" aan Sondae toegeken.

Die doel van die standaard is om die risiko van verkeerde interpretasie te vermy waar numeriese verteenwoordiging van die datums en tye oor nasionale grense uitgeruil word, en verwarring en ander gevolglike foute of verliese te vermy. Die standaard organiseer die data sodat die grootste termyn (jaar) eerste in die datastring verskyn en vorder tot in die kleinste tydperk (sekonde). Dit maak ook voorsiening vir 'n gestandaardiseerde metode van tydgebaseerde kommunikasie-inligting oor tydsones deur die gebruik van Gekoördineerde Universele Tyd (UTC).[1]

As datums en tye nie tydsones insluit nie, vereenvoudig die skryf van datums en tye op hierdie manier die sortering van datum- en tydafhanklike data.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]